Agri Mega Week 2017 doen weer sy ding in Bredasdorp
September 5, 2017
Agri Mega Week 2017 – ‘n Treffer!
September 8, 2017

Veiligheid en sekuriteit hoog op die agenda by Agri Mega Week 2017

Die BeSafe ekspo met ‘n landbou fokus word vanjaar ingeskakel by die jaarlikse AMW 2017.  Belangrike en interessante programme word tydens die AMW van 13 – 16 September op Mega Park, Bredasdorp aangebied.  Van die hoogtepunte sluit onder andere die volgende in:

  • “Tegnologie en plaasmoorde”, ‘n bespreking in die Agruma Ouditorium, Mega Park
  • “Risiko bestuur op die plaas”, ‘n bespreking in die Agruma Ouditorium, Mega Park
  • “Drones and the safety of crops”, ‘n bespreking in die Agruma Ouditorium, Mega Park
  • “Food safety and maritime safety”, ‘n bespreking in die Agruma Ouditorium, Mega Park

Verder vind daar ook “Drone” demonstrasies plaas en vertonings van die SAPD se honde-eenhede. Die Suid-Afrikaanse Lugmag sal ook helikopter redding demonstrasies lewer.

Vir meer inligting, besoek gerus ons webtuiste by www.mega.events.co.za

Uitgereik deur Media-afdeling van Agri Mega Groep

05 September 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published.