Veiligheid en sekuriteit hoog op die agenda by Agri Mega Week 2017
September 5, 2017
Agri Mega Week 2017 – ‘n Mega sukses
September 18, 2017

Agri Mega Week 2017 – ‘n Treffer!

Agri Mega Investments, die onderneming wat die jaarlikse Agri Mega Week aanbied, het ‘n jaar met vele uitdagings beleef. Benewens die gewone ekonomiese uitdagings wat die onderneming se kliënte ergelik getref het d.m.v. droogtes, brande, afgraderings, politieke wanorde, ens. het die maatskappy ook deur sy eiesoortige die uitdagings geworstel.

Vanjaar het ons onbillikke en kwaadwillige aanslae ervaar wat gelei het tot ernstige gevolge deurdat ons personeel noodgedwonge afgelê het, borge en kliënte verloor het, want die kwaadwilligheid het onsekerhede na binne en buite geskep. Soos in alles egter, het die ou mense gepraat van ‘n wiel wat draai. Nou ja, die wiel het ook gedraai en eersdaags sal ons weer volstoom voortgaan om ‘n volhoubare onderneming te bedryf en steeds ons positiewe bydraes tot ekonomiese ontwikkeling en groei te lewer.

Dit wil voorkom of daar tekens van ekonomiese groei in die vooruitsig is, en selfs ook verlaagde rentekoerse. Op hierdie positiwiteit sal ons ook kapitaliseer in die produkte en dienste wat Agri Mega Investments aflewer.  Ons het veral groot planne met ons vlagskip geleentheid, naamlik Agri Mega Week. Die geleentheid het ook vanjaar moeilik gestalte gekry, maar die Agri Mega Week 2017 sal steeds ‘n positiewe bydrae op ‘n hoë standaard lewer. ‘n Vol program vir die totale landbou waardeketting, asook aanskoulike en opvoedkundige items vir die hele gesin word vanjaar afgelewer, en wel vanaf 13 – 16 September 2017 op Mega Park in Bredasdorp. U mag dit nie misloop nie, want u kan slegs positief baat deur daar te wees.  Elke dag se program voeg groot waarde by.

Die Direksie en Bestuur van Agri Mega Investments het ‘n paar uitstekende planne in die mou wat vanaf volgende jaar uitgerol sal word en wat as ekonomiese stimuleerders in verskeie gemeenskappe afgelewer sal word. Hou gerus die media dop vir wat u kan verwag en wat u nie mag misloop nie.

Baie dankie vir getroue ondersteuning deur lojale kliënte, borge, deelnemers en besoekers. Ons beplan soos altyd, om u nie teleur te stel nie en om te verseker dat u uitstekende opbrengs op u beleggings kry. Ons sien daarna uit om met u in ons publikasies te kommunikeer en om u op ons platforms en  by ons geleenthede te ontmoet. Besoek gerus ons web www.mega-events.co.za

Uitgereik deur Mega Media en Bemarking van die Mega Groep

08 September 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published.