King van Mega Groep Vry!
August 30, 2017
Veiligheid en sekuriteit hoog op die agenda by Agri Mega Week 2017
September 5, 2017
Show all

Agri Mega Week 2017 doen weer sy ding in Bredasdorp

Vanjaar is daar werklik iets vir almal by die AMW 2017. Die fokus is weereens landbou, maar landbou het baie fasette en daarom is hierdie geleentheid vir die landbou produsent, maar beslis ook vir almal wat belangstel in die landbou sektor. Vir elkeen wat daagliks kos eet en klere aantrek is daar ‘n toepaslike boodskap in ‘n geleentheid soos die Agri Mega Week.

‘n Paar uittreksels uit die programme van vanjaar, bevestig bogenoemde stelling.

Cape Floral Kingdom Ekspo

Hierdie volwaardige ekspo om Suid-Afrika se kosbare fynbos aan die publiek bekend te stel word in die formaat van ‘n onderdak ekspo by AMW 2017 aangebied. Asemrowende tonele van fynbos en die natuur daarmee saam word vir die besoeker op ‘n baie hoë standaard aangebied. Verder is daar uitstekende opvoedkundige insette oor fynbos.

4 x 4 Ondervinding

4 x 4 demonstrasies en geleenthede vir deelname aan hoë tegnologie 4 x 4 aanbiedinge is deel van die program. Die jonger manne en dames wie avontuurlustig is, moenie hierdie misloop nie. Meld aan by Toyota se uitstalling op Mega Park, Bredasdorp.

Skaapskeer

Kampioen skaapskeerders lewer vernuftige demonstrasies in die skeer van skape en die vlugtige hantering van wol snysels. Daar is ook goeie insette oor die eienskappe van wol en die waarde van wol as natuurlike vessel in die samelewing.

Slange

Vertonings met slange wat insluit die hantering van slange deur die publiek is van die hoogtepunte. Kom maak seker hoekom die mens nie al wat slang is moet uitroei nie en die waarde van slange in jou lewe.

Besoek gerus ons webtuiste by www.mega-events.co.za

Uitgereik deur Mega Media van die Agri Mega Groep

05/09/2017

Leave a Reply

Your email address will not be published.