Agri Mega Week 2017 – a Mega success!
September 18, 2017
Show all

BOODSKAP VAN MEDELYE

Uitgereik deur die Media kantoor van die Mega Groep van Maatskappye

Dit is met hartseer dat die Direksie verneem het van die afsterwe van Niel Giliomee, een van die stigterslede en eerste Voorsitter van die Direksie van Agri Mega NPC. Hy het goeie leiding gegee en was integraal deel van die vestiging  van Agri Mega Week wat vir ‘n hele aantal jare met groot sukses op Mega Park, Bredasdorp aangebied was, en nou vir die eerste keer skuif na ‘n nuwe tuiste, naamlik Môreson Mega Park, naby Kaapstad.

Sy goeie insette en voetspore in hierdie entiteite word steeds gerespekteer en die huidige besture van die Maatskappy en die Agri Mega Week sal steeds bou op gesonde fondasies wat gelê is.

Ons medelye gaan aan sy familie, vriende en die landbou gemeenskap wat hy gedien het.

Comments are closed.