Wiele aan’t rol vir Agri Mega Week
June 26, 2017
Agri Mega Week 2017 full steam ahead despite slow economy and drought
August 28, 2017
Show all

Droogtes en ekonomie dreig, maar Agri Mega Week 2017 voluit vorentoe

Groot opgewondenheid heers oor die Agri Mega Week 2017 wat vanaf 13 – 16 September 2017 by Mega Park in Bredasdorp aangebied word.   Vanjaar se Agri Mega Week beloof om weereens ‘n spesiale geleentheid te wees.  Nie eens die droogtes, swak ekonomie, politieke en ekonomiese omwentelinge of brande in die Wes-Kaap, sal verhinder dat Agri Mega Week 2017 ‘n top geleentheid sal wees nie. Agri Mega Week 2017 bied ‘n platvorm vir interaksie in landbou met gefokusde uitstallings, kampioenskappe, demonstrasies en verskeie seminare wat aangebied word; prikkel belangstelling van die breë publiek met ‘n groot verskeidenheid van interresante uitstallings en bied groot vermaak vir oud en jonk.

Die meerderheid getroue uitstallers is weer vanjaar aan boord en daar is selfs ‘n paar nuwe produkte wat deel van vanjaar se Agri Mega Week sal wees.  Aanbiedinge tydens Agri Mega Week 2017, met die landbou as primêre fokus, sowel as ‘n groot verskeidenheid ander, sal van hoogste gehalte wees.  Water is ‘n kleinnood en derhalwe word ‘n Waterberaad met Mnr P Buthelezi as gasspreker aangebied om die krisis in water aan te spreek.

Vanjaar word die Cape Floral Kingdom ekspo, die BeSafe ekspo en die Mega PetEx ook by die Agri Mega Week 2017 ingesluit wat die fokusse van die geleentheid meer gediversifiseerd maak.   Cape Floral Kingdom ekspo sal weens die wydverspreide brande en die feit dat dit nie onafhanklik aangebied word nie, nie die fisiese omvang hê soos wanneer dit op sy eie aangebied word nie, maar u kan verseker wees dat die kwaliteit en standaarde steeds hoogstaande sal wees.

‘n Besoek aan die Agri Mega Week 2107 is beslis die moeite werd om op u kalender te plaas as ‘n geleentheid om  by te woon ten einde op hoogte te bly van belangrike ontwikkelinge en produkte beskikbaar in beide die landbou sowel as in die algemeen met  uitstekende vermaak van opvoedkundige waarde vir die kleinspan en Jan Alleman.

 

25 Augustus 2017

Leave a Reply

Your email address will not be published.