Agri Mega Week 2017 full steam ahead despite slow economy and drought
August 28, 2017
Agri Mega Week 2017 doen weer sy ding in Bredasdorp
September 5, 2017
Show all

King van Mega Groep Vry!

Mnr. Orton King, Uitvoerende Direkteur van die Mega Groep van Maatskappye is op 30 Mei 2017 in opdrag van die Senior Staatsaanklaer van die Bredasdorp Landroskantoor, deur die Bredasdorp SAPD in hegtenis geneem op ‘n klag van bedrog.  Mnr. King is vir een nag in die Bredasdorp Polisieselle opgeneem en het die volgende dag voor die plaaslike landdros verskyn vir ‘n borgaansoek.  Net voor sy verskyning het die staatsaanklaer, die klagstaat van bedrog gewysig na sekondêre diefstal. Mnr. King is op borgtog van R5 000, sonder enige verdere voorwaardes vrygelaat en moes op 25 Julie weer in die Hof verskyn.

Op 25 Julie het Mnr. King weer verskyn, waartydens die saak uitgestel is tot 10 Oktober 2017, onderworpe daaraan dat die saak na die Suid-Afrikaanse Vervolgingsgesag verwys word omdat daar onsekerheid oor vervolging by die Hof was.

Die beskuldiging op die klagstaat het verwys na R2,3 miljoen wat wederegtelik deur Mnr.King uit ‘n filiaal maatskappy van die Mega Groep sou geneem gewees het.  Die klag was by die SAPD ingedien deur ‘n oud werknemer van ‘n filiaal maatskappy in die Mega Groep, nl. Agri Mega Enterprises, wat intussen op grond van ‘n aansoek deur Agri Mega Groep (Edms) Bpk gelikwideer is.  Die werknemer, Mnr. Noël Bastiaan is ‘n Direkteur van die maatskappy Agrumart (Edms) Bpk waaruit die genoemde R2,3 miljoen volgens beskuldiging sogenaamd geneem is.

Op 29 Augustus 2017 het Mnr. King se regsadviseurs amptelik kennis gekry van die Suid-Afrikaanse Vervolgingsgesag dat die saak teen Mnr. King onvoorwaardelik teruggetrek word en dat daar geen meriete vir vervolging was nie.

Die Mega Groep van Maatskappye se bestuur en personeel is verheug oor die uitslag en het Mnr. King se standpunt wat hy gehuldig het, nl. dat hy totaal onskuldig is en dat hierdie hele aangeleentheid ‘n persoonlike aanslag teen hom was om hom te na te kom en te verneder. Benewens hierdie vernederende aanslag teen Mnr. King, asook die afbreek en benadeling van die Agri Mega handelsmerk, was daar ook in die proses ander rolspelers uit die plaaslike boerdery gemeenskap betrokke, wie se identiteit eersdaags openbaar gemaak sal word.

Die Mega Groep het in die proses geweldig skade gely in terme van finansiële verliese, beeld en benadeling van sy personeel.  Dit het onder andere daartoe gelei dat die Bestuur geen keuse gehad het as om ‘n hele aantal personeel te moes aflê.  Die Groep het dus ‘n stresvolle tyd belewe, wat ook daartoe gelei het, dat die breër gemeenskap in die proses benadeel is.  Die Bestuur van die Groep, asook aandeelhouers het na gister se aankondiging besluit om onmiddellik te begin werk aan ‘n strategie wat daadwerklike en doelgerigte regstelling en verhaling van skade insluit.

Die Groep gaan onverpoost voort met sy normale operasionele take wat onder andere insluit die aanbied van een van sy vlagskip geleenthede, nl. die Agri Mega Week wat van 13 – 16 September in Bredasdorp plaasvind en waarby die bekende en gewilde Cape Floral Kingdom Expo, asook die BeSafe expo geinkorporeer is.

By navraag het Mnr. King soos volg gereageer: “Die gebeure van die afgelope tyd het die Mega Groep van Ondernemings onder geweldige druk geplaas en skade aan die Maatskappye en hulle aflewering veroorsaak as gevolg van vals en ongeverifieerde inligting wat kwaadwillig deur operateurs van ‘n heksejag die veld ingestuur is.

Vir my, my familie en personeel was dit ‘n baie onaangename en onnodige ervaring en my hart gaan verál uit na persone wat in hierdie tyd hulle loopbane by die Groep van Maatskappye moes prysgee.  Na gister se inligting, posisioneer ek en die span onsself vir ‘n dinamiese regstelaksie om te verseker dat volhoubaarheid steeds aan die orde van die dag sal wees.”

Uitgereik deur die Media-kantoor van die Mega Groep van ondernemings, Bredasdorp.

Navrae:  028 424 2890

Leave a Reply

Your email address will not be published.